Hoekom Impak

Ons waardeer altyd positiewe terugvoer vanaf ons leerders, ouers, tutors, akademies en skole. Dit motiveer ons om ons dienste te verbeter en dit vul ons met ‘n gevoel van trots wanneer ons kliënte gelukkig en tevrede is met ons produkte en dienste.

 

Getuigskrif -Tanya Botha   22-11-2016

Impak, ek wil julle hartlik bedank vir julle flink diens! Ek het reeds die leermateriaal vir 2017 ontvang en is baie tevrede. 

Getuigskrif -Vierlanden Akademie   17-10-2016

Baie dankie vir jou onbaatsugtige hulp en bystand, Stompie. As nuwe sentrum was 2016 met tye baie deurmekaar en onderstebo, maar met jou hulp en leiding het ons dit gemaak! Ons sien uit daarna om 2017 saam met jou aan te pak. 

Getuigskrif -Arcadia Primary   03-10-2016

“Ons is baie dankbaar vir die wonderlike hulpmiddel wat Impak aan ons gegee het om ons leerders mee te bemagtig, en ons is opgewonde oor die vooruitsig dat ons volgende jaar selfs meer leerders sal kan ondersteun! Impak se kurrikulum maak ongetwyfeld ’n positiewe verskil in die lewens – en toekoms – van ons leerders en onderwysers.” – Annetjie Dombai, onderwyseres by Arcadia Primary

Getuigskrif -Robertson Logos Christian School   07-04-2016

Ons wil graag die hele Impak-span bedank vir ’n ongelooflike konferensie. Die werkswinkels en toesprake was leersaam en nuttig. Ons is trots om deel van die Impak-familie te wees en om dié merkwaardige produk te gebruik. Impak se sterk bestuur en infrastruktuur is bemoedigend en ons sien uit na ’n blink toekoms saam met julle. Dankie ook vir julle flink bystand en ondersteuning wanneer ons skakel of ’n navraag stuur. Ons waardeer dit. – Robertson Logos Christian School

Getuigskrif -Rudi Maree   23-03-2016

Ons was onseker of tuisonderrig die regte opsie vir ons is, maar met die eerste kwartaal agter die rug is daar geen twyfel dat ons die regte besluit geneem het nie. Daar is ’n reuse verbetering in ons kind, en nie net op akademiese vlak nie. Baie dankie Impak! 

Getuigskrif -Tracy Higgins   04-03-2016

Impak is wonderlik – ek kon nie ’n beter vennoot vir my skool gekies het nie! My leerders geniet die kurrikulum en hulle ouers is baie gelukkig met die resultate.

Getuigskrif -Jacoba Human   24-02-2016

’n Jaar gelede was my dogter so depressief dat sy in die hospitaal opgeneem is. Ons was verward en onseker van die toekoms. ’n Sielkundige het tuisonderrig aanbeveel, maar ons het nie geweet waar om te begin nie...

Terwyl ek saam met my kind in die hospitaalkamer sit, was daar ’n heruitsending van Ontbytsake. Ek het Impak dadelik gekontak en die span was vriendelik en ondersteunend – twee weke later het ons al ons boeke gehad en was ons gereed vir graad 10!

Ons het regdeur die jaar ’n streng roetine gevolg en by skoolure en -vakansies gehou. Ek is trots om te sê dat my dogter graad 10 suksesvol deur Impak voltooi het.

Dit gaan soveel beter en my dogter is weer vol selfvertroue, so ons het haar hierdie jaar by ’n skool ingeskryf – die hoof het haar aansoek dadelik aanvaar toe hy hoor sy was by Impak. Hy het selfs vir haar die bynaam “Impak” gegee!

Ek wil die Impak-span bedank vir ’n jaar waarin ek en my dogter albei so baie van onsself en mekaar kon leer. Aan ouers wat tuisonderrig oorweeg wil ek sê, dis harde werk maar beslis die moeite werd. 

Getuigskrif -Madelein   15-02-2016

Impak is briljant! My kind het elke dag gehuil as ek hom by die skool gaan haal het. Nou is hy gelukkig en hy sien selfs uit na sy skoolwerk! Ek sal Impak vir enige ouer aanbeveel.

Getuigskrif -Sanette   29-01-2016

Ek is ’n nuwe Impak-tutor. Vanaf my eerste navraag is die maatskappy se aanbieding duidelik uiteengesit en elke vraag wat ek tot dusver gehad het, is bevredigend beantwoord. Ek sien uit na ’n lang en gelukkige werksverhouding met Impak. Doen so voort! 

Getuigskrif -Elsa Meade   08-01-2016

Baie dankie vir julle ondersteuning en vriendelikheid. Ek kan Impak met lof aan ander aanbeveel en sien uit daarna om 2016 saam met die Impak-span aan te pak! 

Getuigskrif -Antonette Pretorius 17-12-2015

Baie dankie vir julle puik diens Impak! En dankie ook vir al julle wenke en riglyne – dit help ons om ons sentrum suksesvol te bedryf. Ons sien uit na ’n blink toekoms met Impak as ons vennoot!

Getuigskrif -Debbie Scott  10-12-2015

Ek is so bly dat ons vir Impak gevind het! Julle bied ’n wonderlike stelsel en goeie ondersteuning, asook ’n puik produk. 

Getuigskrif -Sandra Sander  03-12-2015

Ek het onlangs my kinders vir die eerste keer by Impak geregistreer en wil net dankie sê vir die vriendelike en doeltreffende diens, en dat julle my met elke stap op hoogte gehou het. Die leermateriaal is goed uitgelê en gebruikersvriendelik, en ons sien uit daarna om dit in 2016 te gebruik. 

Getuigskrif -Cecilia Goosen 26-11-2015

Dankie vir julle spoedige antwoord op my Facebook-boodskap, en vir die puik diens

Getuigskrif -Selma Adelante 19-11-2015

Dankie vir julle deeglike kommunikasie en uitstekende diens. Ons kan nie wag om in 2016 ten volle by die Impak-familie in te skakel nie. – In Fokus Tutorsentrum, Upington

Getuigskrif - René Broodryk 12-11-2015

Ek wil net baie dankie sê vir die wonderlike onderwysers by Impak se J.O.Y Akademie in Centurion. Hulle gaan uit hulle pad uit vir die leerders, en die sentrum se kwaliteit, netheid en sekuriteit is fantasties! My dogter is baie gelukkig daar. 

Getuigskrif - Sanel Joubert 05-11-2015

Ek wil graag vir Stompie Zandberg en haar span dankie te sê vir die onlangse prysuitdeling wat hulle aangebied het.

Tuisonderrig is nie iets wat ek ooit oorweeg het nie, maar nadat my dogter siek geword het en daar geen ander oplossing was nie, het Impak en Dot’s Learning Centre vir ons ’n uitkoms gebied waarvoor ons daagliks baie dankbaar is.

Dit was vir my baie positief om tydens die prysuitdeling meer van Impak te leer en die personeel te ontmoet. Julle aanbieding was professioneel en ek, as ouer, is vandag trots om my met Impak te verbind

Getuigskrif - Terri Bornman 15-10-2015

Ek wil net baie dankie sê vir die matriekafskeid wat Impak gereël het. Al die matrieks het pragtig gelyk, en my dogter en haar metgesel het die aand terdeë geniet. Dankie vir al julle beplanning en moeite, ek as ouer waardeer dit opreg

Getuigskrif - Limitless Study Centre 09-10-2015

Impak, dankie vir julle goeie diens en die flukse versending van materiaal.

Getuigskrif - Deidré van Zyl 01-10-2015

Dankie vir julle puik diens. Dit maak my ’n trotse Impak-sentrumeienaar!

Getuigskrif -Jaco Nel 02-09-2015

Dankie dat julle bereid was om my seun, wat tans op universiteit is, te help. Hy het reeds matriek geslaag, maar wou vanjaar Wiskunde herhaal om ’n beter punt te verwerf. Al die personeel met wie ons tot dusver te doen gekry het, was baie vriendelik en behulpsaam. Impak is voorwaar ’n tree voor die res

Getuigskrif -Roné Hennop 27-08-2015

Dankie vir julle onlangse besoek aan Koedoesrand Akademie. Impak se ondersteuning beteken regtig baie en ons waardeer dat julle so ver gereis het om met ons hande te vat!

Getuigskrif -Die Barnards 20-08-2015

Tuisonderrig was ons beste besluit nog! Ons dogter blink uit in skyfskiet, en met Impak se ondersteuning kan sy haar sport beoefen en haar skoolwerk sonder enige druk rondom haar opleidingsessies en kompetisies beplan.

Getuigskrig - Wessel en Theunie Rossouw 13/08/2015

“Impak, julle is tops! Nadat ons besef het dat die hoofstroomskoolstelsel nie vir ons seun sou werk nie, het julle vir ons ’n alternatief gebied. Wessel het sy NSS-matrieksertifikaat ontvang en ons kan nie genoeg dankie sê vir julle moeite en ondersteuning nie.” 

Getuigskrig - Thinus Schrage 06-08-2015

Impak, duisend dankies vir die boeke wat julle onlangs aan PEN geskenk het! Dit is tussen ons onderskeie onderrigprojekte verdeel en sal baie goed aangewend word. 

Getuigskrif - Die Daniels-gesin 30-07-2015

“Ons is ’n gesin in voltydse bediening wat saam met minderbevoorregte gemeenskappe werk. As gevolg van waar ons tans bly, was dit moeilik om ons dogter, Keah, by die skool te kry, so ons het op tuisonderrig besluit. Ons eerste poging deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het nie te goed gevaar nie, maar nadat ons die Home School Expo in Bellville bygewoon het, was ons seker dat Impak die regte opsie vir ons is.

 

“Dit is ons eerste jaar by Impak en Keah is dol daaroor! Die leermateriaal is gebruikersvriendelik maar omvattend – elke tuisskoolma se droom! Ons voel geseënd om Impak as vennoot in ons dogter se opvoeding te hê.”

Getuigskrif - Die Moeggesukkel-span  24-07-2015

“Ons wil uit die diepte van ons harte dankie sê vir die skenking wat ons van Impak ontvang het. Dit is bydraes soos hierdie wat dit vir ons moontlik maak om nie net na ons 45 inwoners om te sien nie, maar ook om na ander wat hulp en ondersteuning benodig, uit te reik.” 

Getuigskrif - Lorette van der Walt 16-07-2015

“My dogter, Micaila, het regtig swak gevaar op skool. Ons het besluit om haar by Impak te registreer en was verstom toe sy in die eerste kwartaal 93% vir ’n toets gekry het. Selfs die swakste punt (55%) wat sy tydens die toetsreeks behaal het, was beter as haar beste vak op skool!

“Toe ons aanvanklik tuisonderrig oorweeg het, het ons net gehoop sy sou slaag, maar danksy Impak weet ons nou dat ons dogter tot soveel meer in staat is. Ek sal tuisonderrig deur Impak enige dag aanbeveel – Micaila is gemotiveerd en die hele huishouding se stresvlakke is aansienlik laer!”

Getuigskrif - Marie van Wyk 09-07-2015

“Ons seun, Adriaan, het gesukkel met sy skoolwerk. Hy is van een dokter na ’n ander verwys, het verskeie toetse ondergaan en moes elke dag ekstra klasse bywoon, tog het sy skool volgehou dat hulle geen verbetering sien nie. Ons was moedeloos en het besluit om na alternatiewe onderrigopsies te kyk.

“Ons het Wilma van Prestige Leersentrum in Witbank genader en alhoewel ons baie tevrede was met wat sy ons kon bied, was ons steeds effens onseker. Om ons gerus te stel, het sy vir Adriaan genooi om ’n dag daar deur te bring. Hy was baie beïndruk en het ons mooi laat verstaan dat hy nie wou teruggaan na sy ou skool toe nie.

“Dis nou ses weke later en ons is glad nie spyt oor ons besluit nie. Volgens Adriaan se juffrou het hy baie goed aangepas, en waar hy voorheen niks goed oor skool te sê gehad het nie, gesels hy nou entoesiasties oor sy dag.

“Baie dankie aan Impak en aan Prestige Leersentrum! My kind is weer gelukkig en sorgvry!” 

Getuigskrif - Nadia Neuhoff 02.07.2015

Ek spog nou reeds ’n ruk lank met my seun se punte op Facebook, en met goeie rede!

André-Louis is in 2013 met ADHD gediagnoseer. Nadat Ritalin voorgeskryf is, het my eens aktiewe kind in ’n klein zombie verander. Ek het in trane uitgebars elke keer as sy juffrou ons gebel het om haar te kom sien – veral toe sy vir ons gesê het dat hy nie die druk in graad 4 sou kon baasraak nie. Ek het nie geweet wat om te doen nie.

Aan die einde van daardie jaar het ek ’n engel ontmoet wat ons aan Impak en die konsep van tuisonderrig voorgestel het. Ek was huiwerig om my seun te ontwortel, maar het besef dat ek moes doen wat die beste vir hom sou wees. Ons pluk nou die vrugte van daardie moeilike besluit.

My seun het baie goed gevaar in graad 4 – sy gemiddeld aan die einde van verlede jaar was 75%! Ek is baie trots op jou André-Louis! Dankie Impak dat julle dit alles moontlik gemaak het.

Getuigskrif - Debbie Scott 11.06.2015

Ek is mal oor die aanlyn toegang wat my.Impak bied. Dit werk wonderlik!

Getuigskrif - LA Cock, Namibië 04.06.2015

Dit was wonderlik om die eksamenvraestelle en -memorandums sonder moeite van my.Impak af te laai. Julle het julle goed van jul taak gekwyt – die stelsel is doeltreffend en maklik om te gebruik. Nou is dit ons beurt om aan die werk te spring. Laat die eksamen begin!

Getuigskrif - Charles Schreuder 21.05.2015

Ons woon op ’n plaas met beperkte internettoegang, maar danksy Impak se uitstekende leermateriaal kan my seun Corrie (graad 10) steeds sy volle potensiaal bereik. Boonop spandeer ons ook meer tyd saam as gesin.

Getuigskrif - Hennie Coetzee (tans in Kenia met seun Markus, graad 4) 14.05.2015

Impak se kurrikulum beteken dat ons meer tyd het om werk te behandel en om ekstra aandag aan Markus te gee om sodoende te verseker dat hy nooit agter sy ouderdomgroep is in terme van skoolwerk nie. Die werk is pragtig uiteengesit en elke vak word deeglik behandel. Ons reisskedule en sy skoolwerk bots nooit nie! 

Getuigskrif - Margie Beatham 07.05.2015

Dankie aan Impak vir die hulp om my dogter se skoolwerk op datum te bring. Ek moes oorsee gaan humanitêre hulp verleen en Angel moes saamgaan. Dankie vir al julle geduld!

Getuigskrif - Skip Scheepers 15.04.2015

Van my kant af wil ek Nico Jacobs en Elsmé de Winnaar bedank vir die werk wat hulle doen en vir hulle hulp om my probleme uit te sorteer. As almal hul werk soos dié twee doen, sal daar net gelukkige kliënte wees. Ek hoop bestuur sien julle waarde raak.

Getuigskrif - Bev Dabrowa 02.04.2015

Ek werk in ’n korporatiewe sake-omgewing en het selde al ’n maatskappy soos Impak teëgekom. Julle het uit jul pad gegaan om ’n ietwat gespanne ma uit ’n moeilike situasie te help! Julle diens was vinnig en professioneel, en die vakdeskundiges (onderwysers) wat ek ontmoet het, is ongelooflik. Baie dankie! 

Getuigskrif - Celeste Hattingh 26.03.2015

’n Groot dankie aan Marietjie Smit en Surina Jordaan vir al jul moeite met die Gasvryheidstudieskamp op 17 en 18 Maart. Dit was rerig ’n uitstekende idee! Ek het so baie geleer en is nou opgewonde om die vak vir my leerders aan te bied!

Getuigskrif - Karin Oestlund 19.03.2015

Ons kinders loop al twee jaar hul onderrigpad saam met Impak. Met elke tree was hulle daar om ons by te staan en te help wanneer dit nodig was.

Getuigskrif – Estelle Joubert, Jakkalskrans Akademie 12.03.2015

Impak se leermateriaal is van uitnemende gehalte en die standaard daarvan is onvergelykbaar met dit wat deur ons plaaslike skole aangebied word. 

Getuigskrif – President Kruger Kinderhuis 04.03.2015

"Namens die President Kruger Kinderhuis wil ons Marietjie Smit van Impak opreg bedank vir die heerlike kolwyntjies wat aan ons geskenk is. Die kinders en skoonmaakpersoneel het die verrassing terdeë geniet!”

Getuigskrif – Bianca Loots 25.02.2015

“Ek wil graag vir vakdeskundige Erika Hertzog bedank vir haar wonderlike diens. Erika is altyd gereed om met enigiets te help, maak nie saak hoe groot of klein die kwessies is nie. Ons waardeer alles wat sy vir ons gedoen het.” 

Getuigskrif - Charmone Charies Leeuwner 05.02.2015

“Ek sal Impak sonder twyfel aanbeveel – hul diens is uitstekend!” 

Getuigskrif - Retha Fichard, Redakteur: Mooivaal Media 29.01.2015

“My seun is ’n oud-Impak-leerder. Hy het sy matriek oor twee jaar voltooi (2013 tot 2014) en het pragtig geslaag! Hy is tans ’n student by die NWU Vaaldriehoekkampus. Baie dankie almal by Impak!” 

Getuigskrif - Me. Wolhunter 22.01.2015

“Om my kind by Impak in te skryf was die beste besluit wat ek kon neem – sy punte het baie verbeter en hy geniet die werk. Ons sien uit na nog ’n jaar saam met Impak!” 

Getuigskrif - Laeeqa Saloojee, 2014 Impak-matrikulant 8.01.2015

“Dit was ’n plesier om by Impak te studeer en ek kan die kurrikulum met vrymoedigheid aanbeveel.” 

Terug na die begin

Getuigskrif - Rene Broodryk 12.12.2014

Ek wil net baie dankie sê aan Impak en J.O.Y. Akademie vir die fantastiese kurrikulum en onderrig wat hulle aan leerders bied. My kind kan nie wag om, met die hulp en ondersteuning van J.O.Y se wonderlike onderwysers, graad 10 aan te durf nie!

Getuigskrif - Mariaan Krog 27.11.2014

"As tutor wil ek graag vir Impak bedank vir al die hulp, bystand en onderskraging oor die afgelope drie jaar. Dit was 'n voorreg om my studente met Impak se gehalte leerstof te kon onderrig."

Terug na die begin

Getuigskrif - Elma Lausberg Gochas, Namibië 20.11.2014

Baie dankie vir julle goeie diens. Ons het reeds ons boeke vir 2015 ontvang en, soos die foto wys, is daar groot opgewondenheid onder volgende jaar se graadeen!  

Getuigskrif - Laurette Alberts, Breinboelies Akademiese Studiesentrum 13.11.2014

“Impak is awesome! Breinboelies se graad 1-boeke is hier en die verandering aan die leermateriaal se inhoud het my so opgewonde, ek kan uit my vel spring!” 

Getuigskrif - Dr André Verster, Wings Aviation Akademie 7.11.2014

“Impak se kurrikulumstandaard is uitstekend. Ek praat uit ervaring as ek sê dat Impak se kurrikulum meer omvattend is en makliker is om te verstaan. Administrasie is ook eenvoudig; my.Impak vergemaklik die inlees van punte, assessering asook die druk van rapporte. As ons enige navrae of probleme het, help Impak ons so spoedig moontlik om die saak op te los.”

Terug na die begin

Getuigskrif -Neels en Adri Claasen 23.10.2014

“’n Groot dankie aan almal by Impak wat ons hierdie jaar ondersteun het! Graad 12 is nogal stresvol en ons is dankbaar vir elke stukkie hulp en vriendelikheid vanaf die personeel se kant – veral Petro de Bruyn en Jeanine Heath. Dankie vir uitsonderlike diens!”

Terug na die begin

Getuigskrif -Blitspromosie 8.10.2014

Impak het onlangs die blitspromosie vir registrasies vir 2015 afgesluit. Dié promosie het kliënte wat vroeg geregistreer het met ‘n 15%-afslag beloon.

Danksy Impak se nuwe vaartbelynde registrasie- en administrasiestelsel het ons personeel ten spyte van die rekord aantal inskrywings geen  probleme ondervind om al die inskrywings vinnig en akkuraat te verwerk nie!

Die terugvoer van ons kliënte was net positief en Impak se personeel is geprys  vir hulle vinnige verwerking van aansoeke, flinke diens, vriendelike gesindheid en bereidwilligheid om kliënte met die registrasie proses te help.

Dankie aan elkeen wat bygedra het om die proses vaartbelyn te laat verloop en dankie aan al ons kliënte vir die rekord aantal registrasies vir 2015.

Getuigskrif -Heidi Dreyer 8.07.2014

“Baie dankie aan die span by Impak Finansies vir julle wonderlike, professionele en vriendelike diens. Dit was ’n plesier om saam met julle te werk!” 

Terug na die begin

Getuigskrif -Mandy Coetzee 31.07.2014

“Baie dankie aan Marietjie Smit, Impak se vakdeskundige vir Gasvryheidstudies, vir ’n baie opvoedkundige praktiese sessie. Jy het die fynere besonderhede op ’n mooi praktiese wyse verduidelik!”

Terug na die begin

Getuigskrif -Sannie Schutte 24.07.2014

“Ek is sommer baie opgewonde oor Impak se puik diens. Ek het vanoggend my kind per faks geregistreer en ’n rukkie later die studentenommer ontvang!” 

Terug na die begin

Getuigskrif - Magriet de Beer 17.07.2014

“Baie dankie aan almal by die Sentrums-, Akademie- en Assesseringsafdelings asook almal by Impak Info vir jul flinke diens en hulp om my leerders se vraestelle en puntestate vir kwartaal 1 en 2 te kry. Julle is wonderlike mense!” 

Terug na die begin

Getuigskrif - Chantell van Staden 10.07.2014

“Ons gesin is baie gelukkig met Impak en ek kan julle aanbeveel vir almal wat in tuisonderrig belangstel. Julle produkte, diens en pryse is alles fantasties. Ek gaan verseker volgende jaar Impak weer gebruik vir my kinders se tuisonderrig!” 

Terug na die begin

Getuigskrif - Bernadette Maree 3.07.2014

“Dankie vir die my.Impak webwerf! Dit is fantasties dat ons self punte kan inlees. Materiaal en stelsels soos my.Impak maak Impak die moeite werd!”

Terug na die begin

Getuigskrif - Asha Sewraj  26.06.2014

Ek het nog altyd vinnige, doeltreffende en tydige antwoorde op my e-posse ontvang. Ek het al met minstens vyf verskillende personeellede by Impak gepraat en ALMAL het ware besorgdheid vir my seun getoon.  ’n Spesiale dankie aan Jeanine Heath, Ronel Rabie en Marius Louw.  Dankie dat Impak opreg vir hul leerders omgee. 

Terug na die begin

Getuigskrifte - Elso Meads

“Baie geluk met die skep van my.Impak. Dit is voorwaar ’n oulike idee! Dankie ook vir jul flinke diens. Vrae wat ek as ouer vra word amper dadelik beantwoord. Ek sal Impak vir enige iemand aanbeveel wat van tuisonderrig gebruik wil maak.”   

Terug na die begin.

Getuigskrifte - Karen Landsberg

Dit was ’n absolute plesier om met Charnay du Plessis (Kontaksentrum) en Neola Ungerer (Assessering) te werk. Albei het uit hulle pad gegaan om my te help. Hulle het al my vrae geduldig beantwoord, wat my stresvlakke sommer baie verlaag het. Dit is ’n riem onder die hart dat die “warm menslike faktor” nie verlore gegaan het omdat Impak 'n afstandsonderriginstansie is nie. Baie dankie Impak. 

Terug na begin

Getuigskrifte - Hilda van Zyl, PE Akademiese Sentrum

“Dankie vir die goeie samewerking van Luan Erasmus (Kontaksentrum), Nico Jacobs (Sentrums), Tobie Botha (Finansies), Jacques Bekker (IT)  en Marietjie Smit (Akademie). Wendy Pepler , vakhoof vir tale, is uitstekend en sy verdien ’n medalje vir al haar geduld.” 

Terug na begin

Getuigskrifte - me. E.F. Heymans 

“Ek het Impak onlangs oor my registrasieproses geskakel. Luan Erasmus het my navraag hanteer, en het al die registrasiebesonderhede binne ’n paar minute vir my gegee. Hy het my ook meegedeel dat ek ’n opvolg-e-pos sal ontvang. Ek was nog besig om met hom te praat toe ek ’n e-pos van Elsmé Naude, die administrasie-agent, ontvang met al die inligting en registrasiebesonderhede waarna ek opsoek was. Ek was vreeslik beïndruk! Ek het uitstekende diens van Luan ontvang; hy was regdeur ons gesprek geduldig, professioneel en vriendelik. Baie dankie!”

Terug na begin

Getuigskrifte - Cusilia Swart 

“My dogter het ongelooflik in haar 2013 eksamen gevaar. Top punte! En ek weet dat hierdie jaar ook geseënde graad 7 jaar vir haar gaan wees. Van ’n baie, baie gelukkige ma, Cusilia."
Lees meer

Terug na begin

Getuigskrifte - Nita Black

Die volgende is deur Nita Black aan Impak deur gestuur.

“My seun is al vanaf graad R by Impak en begin nou met graad 7. Elke dag groei hy meer sosiaal en staan uit as 'n leier tussen ander kinders en vriende."

Terug na begin

Getuigskrifte - Me. Claasen 

Me. Claasen het die volgende kommentaar aan Impak gestuur:

Hiermee wil ek net baie dankie sê vir die flink en professionele manier waarop u hierdie jaar my kinders se registrasie hanteer het. Ek het voor einde September vir albei kinders volbetaal sodat ek van u vroeë registrasieafslag kon gebruik maak. Die hele proses het seepglad verloop, vanaf die kwotasies tot die registrasie en state."

Terug na begin

Getuigskrifte - Me. Deborah M Gentle 

“Ek wil graag Impak bedank vir die wonderlike werk wat hulle gedoen het hierdie jaar, dit is 'n 100% verbetering van verlede jaar."

Terug na begin

Getuigskrifte - Annetjie Swart

"Impak het sy jaarlikse kongres aangebied wat vanaf 12 tot 14 April plaasgevind het. Aangesien dit die eerste kongres is wat Impak aangebeid het na die herstrukturering van die maatskappy in 2013, het ons dit goedgedink om die toepaslike frase  ‘Vernuwing bring stabiliteit’ te skep as tema vir hierdie aangeleentheid."

Getuigskrifte - Fraans Potgieter

"Ek wil net dankie se vir die wonderlike diens wat ons van julle af ontvang het van dag een af. Almal is hulpvaardig en vriendelik , sonder verskonings en wat jul se is wat jul doen."